Twee talentvolle leerders van Hoërskool Grabouw, Lindzy Russel (gr. 8) en Nathan Poultin (gr. 5), het goud in die Overberg-distrikskunskompetisie gewen en na die provinsiale ronde deurgedring. Die kompetisie, waar kreatiewe leerders prentjies van die Overberg deur middel van kunswerke moes skep, is Saterdag 17 Augustus by Benguela Cove in Hermanus gehou. Die Wes-Kaapse ronde sal later vanjaar gehou word. Leerders se werk sal by die Zeitz-MOCAA by die Kaapse Waterfront uitgestal word.


Talentvolle kunstenaars

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article