Sewentien leerders aan die Hoërskool Parel Vallei het aan die Taalbond-eksamen deelgeneem. Dié nasionale eksamen toets die leerders se vaardighede in beide Afrikaans en Engels. Vraestelle word jaarliks deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns opgestel. Die leerders wat die eksamen afgelê het (van links agter) is Marietjie Cilliers, Belinda Cronjé, Hanna van Zyl, Anya Marx, Simone Smit, Cara van der Merwe, Elaine Human, Marietjie Madsen-Leibold (onderwyser) en Jean Durand. Voor: Michela Marais, Angelica Santapaga, Chérize Burger, Jessica Mostert, Jade de Louw, Lauren Bennell, Nerise Malan en Gean van Wyk. Die uitslae van die eksamen sal teen einde Junie bekend gemaak word.


Taalkundiges wag in spanning

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article