Drie leerders van Somerset-Wes Primêre Skool het die Junie-skoolvakansie aan wintertoernooie deelgeneem. Jordan Boer (tweede van links) en Keisha September (heel links) het die Wes-Kaapse o.12-netbalspanne by die Suid-Afrikaanse Skole-netbaltoernooi in Johannesburg verteenwoordig. Keisha se span het derde geëindig en ’n bronsmedalje gewen. Boer het ook die WP se o.13-hokkiespan in ’n Interprovinsiale toernooi in Wellington verteenwoordig, waar haar span ook brons gewen het. Jordan Adams (regs) het die WP se o.12-netbalspan in ’n interdistrik-toernooi in Wellington verteenwoordig. Die span het slegs twee van sy sewe wedstryde verloor en ook bronsmedaljes verower. Die skool is ook baie trots op sy gr. 4-leerder Buhle Mfunelwa (tweede van regs), ’n talentvolle krieketspeler, wat lid was van die Gary Kirsten-krieketakademiespan wat drie weke in Engeland getoer het. Dean Williams (middel agter) was die WP Akademiese- rugbyspan se assistentafrigter. Dié span is by die interprovinsiale toernooi in Uitenhage as die toernooiwenner gekroon.


Summies se sport-uitblinkers

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article