Verlede Vrydagaand (25 Februarie) se proefwedstryde van die Helderberg-rugbyklub in die Charles Morkel-stadion in Strand was hoog suksesvol en insiggewend.

Meer as 60 senior spelers van dié klub, insluitend heelwat nuwe aansluiters, het deelgeneem in ’n proses om talent en kondisionering te toets. Die Berge-afrigtingspan, gelei deur hoofbreier Koos Eksteen, was hoogs tevrede en beïndruk met die vertonings.

Hierdie Saterdag (5 Maart) reis ’n eerste 23-tal na George om in die George-rugbyklub se hoofwedstryd te speel en ’n tweede 23-tal reis môreaand (Vrydag 4 Maart) na Wellington om met die tuisspan kragte te meet. Eksteen en Lin Beukes vergesel die toergroep na George en Mitch Heyns lei die groep na Wellington.

Vir meer inligting oor die wedstryd in Wellington, bel vir Heyns by 083 976 6304. – Neels du Toit

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article