Ruth Smith, wat sedert 26?September in Strand vermis word.


’n 44-jarige-vrou van Strand word sedert verlede Maandag (26 September) vermis. 

Ruth Smith is laas deur haar man, Charlton, gesien toe sy winkel toe gestap het, maar nooit na haar huis in Calvynstraat teruggekeer het nie. 

“My vrou is bipolêr. Ek is bekommerd oor haar, want sy is laas in Strand gewaar, en dit is al langer as ’n week gelede,” sê Charlton. Hy onthou sy het ’n mosterdkleurige top en geel plakkies gedra. 

Die Pink Ladies-organisasie vir vermiste mense het op sosiale media ’n verklaring met details van Smith uitgereik. In die verklaring word sy beskryf as ’n “mollige dame” wat 1,4 meter lank is en 85kg weeg. 

“My vrou het nie haar medikasie by haar nie. Ek is bang sy kry ’n angsaanval of iets. As enigiemand weet waar sy is, moet hulle dadelik die polisie skakel,” sluit Charlton af. 

Pink Ladies moedig die publiek aan om die Strand-polisie by 021 854 9100 te skakel as hulle enige inligting oor Smith het. 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article