Dylan Swarts en Calum Visagie, leerders van Hoërskool Strand, kán probleme oplos – veral met ’n kubus in die hand. Die leerders het van 17 tot 19 Mei in Sandton, Gauteng, aan die Arnold Classic Africa 2019 deelgeneem. Dit is die grootste multi-sportfees in Afrika, met meer as 20 000 deelnemers wat aan 86 verskillende sportsoorte deelgeneem het. Altesaam 77 deelnemers het vanjaar aan “speed cubing” deelgeneem. Dylan het ’n goue medalje in die afdeling waar deelnemers geblinddoek is, gewen en ’n Suid-Afrikaanse rekord van 10 minute en 45 sekondes. opgestel. Hy het ook ’n silwer- en ’n bronsmedalje gewen. Calum het ’n silwermedalje huis toe gebring vir sy prestasie in die kompetisie.Foto:


Strand se kubus-kampioene!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article