Wenners: Gemengde Pare – Winnie Hopley en Frans Visagie

Credit: SYSTEM

By ’n glansryke geleentheid op 14 Junie by Strand-rolbalklub het die klub erkenning gegee aan die kompetisie- en ligawenners en die presteerders in die klub die afgelope seisoen.

Strand-klub bestaan reeds 95 jaar en het in die verlede reeds verskeie WP-kompetisies gewen en kan spog met baie uitstaande prestasies wat deur lede van die klub behaal is.

Eugene van Vuuren, die president van Strand-rolbalklub, het by die geleentheid sy dank betuig aan die lede van die klub en het sy dankbaarheid uitgespreek vir die voorreg om te kan deel wees van die klub waar mense saam kan deelneem aan die sport waarvoor hulle lief is en waar hulle vriendskappe kan bou en gesellig saam kan verkeer.

Die klub het tans 105 lede en daar is beslis groei in die klub aangesien hy die afgelope jaar 31 nuwe lede verwelkom het. Verwelkomings- en toelatingspakkette is by die geleentheid aan verskeie van die nuwe lede oorhandig.

Die ontwikkelingsprogram van die klub saam met die Hoërskool Strand is baie suksesvol met 21 leerders van die skool wat tans lede van die klub is en wat die klub die afgelope jaar in verskeie provinsiale kompetisies en die Westelike Provinsie in verskeie nasionale kompetisies verteenwoordig het.

Die kompetisiewenners vir die afgelope seisoen is as volg:

Beginner Vroue-enkels: Susan Baard

Beginner Mans-enkels: André Engelbrecht

Vroue-pare: Elza du Toit en Yvonne Pienaar

Mans-pare:At van Wyk en Trevor Wheeler

Gemengde pare:Winnie Hopley en Frans Visagie

Ope Enkels Vroue: Leta du Preez

Ope Enkels Mans: At van Wyk

’n Spesiale toekenning, die Afrigters- Spesiale Beginnerslid-toekenning, is aan Johann Lötter gemaak wat as nuweling by die klub ’n besondere bydrae gemaak het.

SM Smith het die Afrigters- Spesiale Trofee ontvang wat gaan aan ’n junior wat ’n besondere bydrae by die klub gemaak het.

Sertifikate vir Provinsiale Prestasie, Deelname en Kleure is aan McKnesie Knipe, Wilmien Smuts, Tristan Crous en Armand Smit toegeken.

Die wenners van die gemengde viere was Adriaan van Zyl, Anita Doyle, Andre Cloete en Edith Nel.

Die mans-driespel is gewen deur Adriaan van Zyl, Andre Engelbrecht en Mike Meets terwyl Anita Doyle, Corrie van Niekerk en Naomi Niland in die Vroue-driespel met die louere weggestap het.

Wenners: Vroue-pare Elza du Toit en Yvonne Pienaar

Wenner: Vroue-enkels Leta du Preez

Wenner: Mans-enkels At van Wyk

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article