AO Nico Beukes AO Nico Beukes (links), maatskaplike en Niklaas Thysen, voorsitter van die Strand-GPFmisdaadvoorkomings- koördineerder van die Strand-polisie by die imbizo

Lede van die Strand-GPF en Strand-polisie saam met gemeenskapslede tydens ’n polisië-imbizo by die Gustrouw-gemeenskapsgesondheidskliniek.
Die Strand-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het Woensdag 14 Mei ‘n polisie-
imbizo by die Gustrouw-gemeenskapsgesondheidskliniek aangebied. Die doel van die imbizo was om die gemeenskap bewus te maak van gemeenskapsveiligheid en om aan die GPF en die Strand-polisie die geleentheid te gee om direk met inwoners te kommunikeer. Hier (agter, van links) is AO Nico Beukes (maatskaplike misdaadvoorkomingskoördineerder van die Strand-polisie), sers. Janine Memeza (afdelingsbevelvoerder van die Strand-polisie), Felicia Jonas, Gillian Landers, Lillian Albertyn (ondervoorsitter van die Strand-GPF), Niklaas Thysen (voorsitter van die Strand-GPF) en Janetun Loston; (voor) Danfred Kleinschmidt. Credit: Barend Williams
Danfred Kleinschmidt en Niklaas Thysen van die Strand-GPF gesels met Janetun Loston oor gemeenskapsveiligheid tydens die imbizo.
Danfred Kleinschmidt en Niklaas Thysen van die Strand-GPF gesels met Janetun Loston oor veiligheidskwessies. Credit: Barend Williams
AO Nico Beukes spreek die gemeenskap toe oor ouerlike verantwoordelikheid, met Niklaas Thysen wat later oor buurtwagte en polisiëring praat.
Foto regs: AO Nico Beukes (links), maatskaplike misdaadvoorkomings- koördineerder van die Strand-polisie, het die skare toegespreek oor ouers se verantwoordelikheid om te voorkom dat hul kinders die wet oortree. Hy het ook inligting gedeel oor die proses om ‘n interdik in gevalle van gesinsgeweld te verkry. Niklaas Thysen (regs), voorsitter van die Strand-GPF, het meer sigbare polisiëring, groter gemeenskapsbetrokkenheid en die herlewing van buurtwagte in brandpuntgebiede beklemtoon. Credit: Barend Williams

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article