Ses onwettige immigrante is Donderdag 30 Januarie tydens ’n spazawinkel-inspeksie deur die Macassar-polisie in hegtenis geneem. Vyf Somaliese burgers en een Malawiese burger is tydens die optrede, wat tussen 10:00 en 13:00 plaasgevind het, in verband met die oortreding van visumvoorwaardes in hegtenis geneem. Die inspeksie was in samewerking met die departement van binnelandse sake se immigrasiedienste, die provinsiale departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, die Nasionale Reguleerder vir Verpligte Spesifikasies en die Stad Kaapstad se wetstoepassings- en gesondheidsdepartement. Agt spazawinkels is in die optrede geïnspekteer. Die verdagtes het Maandag (3 Februarie) in die Somerset-Wes-landdroshof verskyn.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article