Van Hoërskool Strand se rugby- en netbalspanne het 10 en 11 Julie kragte teen oorsese spanne op die sportveld gemeet. Dié skool ontvang en speel jaarliks teen verskeie oorsese toerspanne en dié jaar was gewis weer ’n hoogtepunt. Die twee eerste spanne het die week van 9 Julie reeds kragte gemeet. Die o.18 B- en C-netbalspanne van die Arende en Mount St Mary’s, gelei deur hul kapteins Natalie Cloete en Rhoide Johnson, het ’n titaniese stryd van 40 minute gevoer. Strand het met ’n groot hart gespeel en hoewel hulle 14-18 verloor het, was elke doel ’n oorwinning – veral teen so ’n dinamiese span. Nadia Louw is as die speler van die wedstryd aangewys.


Strand meet kragte teen besoekende spanne van oorsee

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article