Erfenisdag (Woensdag 24 September) het ‘n fees van vriendskap geword toe vier plaaslike vroeëkinderopvoedingsentrums saamspan om ‘n onvergeetlike speletjiesdag vir Strand se kinders aan te bied.
Lofland-Titus, Titus, Grace Academy en Lekker Bekkies Educare het die Abattoir-sportterrein in ‘n wonderland van pret omskep, waar kinders van alle ouderdomme verskeie buitelug-aktiwiteite kon geniet.
Die dag het speletjies soos hardloop en toutrek ingesluit, wat selfs ouers gelok het om deel te neem.

Die Rusthof-gemeenskapsgesondheidskliniek het die geleentheid ondersteun deur gesondheidstoetse vir volwassenes te doen.
Die dag het geëindig met kinders se gesigte wat van die vreugde gestraal het – ‘n reusesukses vir al die betrokkenes.






You must be logged in to post a comment.