’n Fees van hardlooprugby was Saterdag (14 Mei) te sien toe Raithby Universals en Strand mekaar in ’n Superliga C-wedstryd op die Raithby-sportterrein die stryd aangesê het. Die besoekers het op skouspelagtige wyse die derby met 15-57 gewen. Die losvoorspelers Cameron Julies en Eduardo Titus is vir hul uitstekende spel geprys, terwyl die plaasvervanger Naqeeb Davids (foto) ook ’n groot impak op die spel gehad het. Strand het nege keer agter die pale gekuier, met drieë deur Julies (2), Renaldo Daniels (2), Sydney van Niekerk, Mark Sylvester (2), Bradley Robertson en Christiano Becket. Die stelskoppers Malcolm Alloys (2), Raymond Bergstedt (2) en Robertson (2) het ses van die drieë verdoel. Hierdie foto is by ’n opwarmingswedstryd in die voorseisoen geneem.Foto: Peter Bee


Strand is koning!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article