Portret van die wyle Brenda "Ma B" Roos
Die wyle Brenda “Ma B” Roos het diep voetspore in die gemeenskap getrap.

Strand in rou ná geliefde ‘Ma B’ Roos se heengaan op 62


Die gemeenskap van Strand het een van sy eie verloor met die dood van Brenda Roos, vir talle mense bekend as Ma B.

Portret van die wyle Brenda "Ma B" Roos
Die gemeenskap rou die verlies van die wyle Brenda “Ma B” Roos.

Ná haar dood is sosiale media oorstroom met boodskappe van medelye wat beskryf het hoe Roos die gemeenskap geraak het.

Sy is Maandag 7 September in die ouderdom van 62 jaar in die hospitaal in die teenwoordigheid van haar man oorlede.

Haar dogter Lauren Hendricks beskryf haar ma as haar beste vriendin en ‘n mens met ‘n hart van goud wat vir die gemeenskap omgegee het.

Ma B het haar hele lewe lank in Strand gewoon en was bekend vir haar werk by Sê Jou Sê en Wings of Hope. Sy het einde Februarie siek geword, maar het volgens Hendricks ten spyte van die pyn nooit gekla nie en positief gebly tot die einde.

Ma B word oorleef deur haar man, seun, twee dogters en drie kleinkinders. Haar vier susters, saam met haar bekend as die “big five”, rou ook oor haar heengaan.

Sy sal Saterdag 19 September om 09:00 uit die St. John’s Anglikaanse kerk in Vyfdestraat, Rusthof, ter ruste gelê word.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article