Liney Paulsen en Lara Slabber van Strand het gewys hoe “fantasmagories” Afrikaans in hul kusdorpie gepraat word toe hulle verlede maand die eerste plek in die Senior Afrikaans Huistaal-afdeling by die eerste Curro- Nou Praat Jy!-redenaars- kompetisie losgepraat het.

Diรฉ leerders het Woensdag 25 Junie die oorwinning behaal deur te bewys dat Afrikaans aan almal behoort en sonder twyfel die mooiheid van ‘n mengelmoes dialekte by die see te vier.
“Ons wou die idee uitdaag dat dit slegs standaard-Afrikaans is wat die taal gestigmatiseer het,”
Lara Slabber
Diรฉ twee Hoรซrskool Stellenbosch-leerders het hul woordbeheersing by die nuutgestigte kompetisie getoon, wat by Curro Durbanville plaasgevind het. Tydens die kompetisie kon leerders ‘n oorredende, motiverende of vermaaklike toespraak van vyf tot sewe minute aanbied oor die tema “Afrikaans โ ‘n taal van kleure en klanke”.
Paulsen en Slabber het humor gebruik om hul liefde vir Afrikaans oor te dra en gewys hoe gemeenskappe woordeskat beรฏnvloed.



“Hulle het ‘n vermaaklike toespraak gelewer wat die gehoor se aandag getrek het. Hul inhoud was relevant en skerpsinnig,” sรช Joline de Klerk, vakhoof van Afrikaans by Curro Durbanville. Sy en haar kollega, Maritsa Smit, het die kompetisie as deel van Afrikaans se 100-jaar-viering gereรซl.
“Die idee was nie net om die taal te vier nie, maar ook om ‘n belangrike bydrae tot die groei van Afrikaans te lewer. Ons wou leerders aanmoedig om in enige variรซteit van Afrikaans te praat,” verduidelik De Klerk.
Die tweetal se vriendskap- en-slingersous-gesprekstyl het hulle gehelp om humor met inligting te kombineer. Die meisies woon sedert ge-boorte in die kusdorpie en het mekaar op voor-kleuterskool ontmoet. Hul paaie het geskei toe hulle verskillende laerskole in Strand bygewoon het, maar hulle het op hoรซrskool werklik vriende geword.





“Ons het nie eintlik van mekaar gehou toe ons op hoรซrskool gekom het nie,” sรช Slabber en lag.
“Nou kan ons nie ophou praat nie โ ons kan letterlik oor enigiets gesels,”
Liney Paulsen
Diรฉ graad 11-leerders het slegs twee weke gehad om voor te berei terwyl hulle ook vir die Junie-eksamen geleer het. Hulle het hul argumente ‘n dag voor die kompetisie finaal uitgewerk.
“Om te wen voel fantasties, maar die feit dat ek dit saam met my beste vriendin kon doen, is nog beter,” sรช Slabber. Vir haar is dit die eerste oorwinning in 13 jaar in redenaarskompetisies.
“Die kompetisie het my baie selfvertroue gegee,” voeg Paulsen by.
Slabber en Paulsen het bewys hul oorwinning wys streekdialekte is nie minderwaardig nie, maar verteenwoordig die ryk diversiteit van Afrikaans. Die meisies glo hul sukses sal hulle help met toekomsplanne โ Slabber wil regte studeer en Paulsen forensiese wetenskap.
Vir nou fokus hulle op skool en hul voorbereiding vir matriek volgende jaar.






You must be logged in to post a comment.