Veels geluk aan hierdie Hoërskool Strand-dansers wat Suid-Afrika by die internasionale danskompetisie, “Dance Star World Dance Masters” in Kroasië verteenwoordig het. Van links, kloksgewys, is Olivia Kotzé, Christo Thiart, Linke Thiart, Rochell Alberts, Isabella Meyer en Mieke Carr. Christo, Linke, Rochell, Olivia en Isabella is as wêreldkampioene aangewys nadat hulle ’n eerste plek in die Liriese Groepdans-afdeling verower het. Mieke is ook ’n wêreldkampioen in eie reg met die eerste plekke wat sy as solodanser in die afdelings Musikale Teater en Akrobatiese Dans verwerf het. Sy het ook ’n tweede plek in die Jazz-solo-afdeling en ’n derde plek in die Liriese-solo-afdeling verwerf. Christo en Isabelle het derde plekke in hul onderskeie afdelings verwerf: Christo vir sy ope duet en Isabelle vir haar solo-deelname in musikale teaterdans. Die Hoërskool Strand is uiters trots op sy Arende-dansers!


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article