Foto links: Caitlin Isaacs het byeenkomsrekords in die 100 m en 200 m meisies o.14 opgestel by die Bredadorp Top 10-byeenkoms. Sy is ook as die beste meisieatleet in die o.14-kategorie aangewys. Foto: Foto:


Vyftien atlete van die Hoërskool Strand het vandeesweek aan verskeie atletiekbyeenkomste deelgeneem.

Die byeenkomste sluit in die Somerliga-byeenkoms in die Paarl, die Paul Roos Maties-byeenkoms asook die twee-dae Bredasdorp Top 10-byeenkoms.

By Paul Roos-byeenkoms verower Eljah de Wet, derde plek in 90 m-hekkies vir meisies o.14, Jevaune Britton, ’n derde plek in verspring vir seuns o.15. In die seuns o.16-afdeling het Gershon September ’n vierde plek in die 200 m behaal.

By Bredasdorp se Top 10-byeenkoms het Caitlin Isaacs ’n eerste plek in die 100 m vir meisies o.14 in ’n tyd van 12:12 asook in die 200 m vir meisies o.14 met ’n tyd van 26:16 behaal. Hierdie is albei rekords. Dihann Labuschagne (seuns o.14) het met ’n afstand van 47.82 m eerste plek behaal in spiesgooi, Christall van Rensburg se 1.55 m vir hoogspring het ’n eerste plek in die meisies o.17-afdeling behaal en Adriaan Kennedy derde in hoogspring met 1.65 m vir seuns o.15.

Caitlin, wat byeenkomsrekords in die 100 m en 200 m vir meisies o.14 opgestel het, is aan die einde van die byeenkoms ook as die beste meisieatleet in die o.14-kategorie aangewys, sowel as die beste junior meisie en ook die beste presteerder van al die meisie-atlete met haar 1 014 punte op die ASA-tabel vir die 100 m.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article