Storie: My Gunsteling deur Jacqui L’Ange
Illustrasies: Julie Smith-Belton
Riglyne vir hierdie storie:
- Lees hierdie storie hardop vir jonger kinders;
- Ondersteun kinders wat leer lees deur hierdie storie saam met hulle te lees;
- Beginnerlesers (sewe tot 10 jaar oud) sal dit geniet om hierdie storie op hul eie te lees.
“Kiep-kiep-kieep, kom-kom, skatties!” Jasmien se ouma roep elke aand haar hoenders om te kom slaap. Dan maak sy hulle binne toe sodat hulle veilig is teen honger diere.
En elke oggend laat Jasmien die hoenders uit, en maak die eiers wat hulle gelê het bymekaar. Dis vir haar die lekkerste deel van die dag.
Ouma se hoenders is ’n mengelmoes van verskillende vorms en groottes, maar daar is een waarvan Jasmien die meeste hou.
Lady is ’n gespikkelde hen. Sy het ’n kam wat baie mooi krul en ’n waaierstert.
Wanneer Jasmien vir die hoenders afvalkossies gee, maak sy altyd seker dat Lady eerste kry.
Op ’n dag raak Lady weg. Jasmien soek oral, maar Lady is skoonveld.
“Dalk het ’n jakkalsvoël haar gevang,” sê Eddie.
“Of ’n muishond?” Jasmien wil nie daaraan dink nie.
“Jy’s my gunsteling, Lady,” koer Jasmien.
“Jy moenie ’n gunsteling hê nie,” raas Ouma.
“Elke hoender is op hul eie manier spesiaal.”
Maar Jasmien kan nie help nie. Sy is die heel liefste vir Lady.
Drie lang weke gaan verby sonder Lady. Tot een oggend toe Jasmien die hoenders uitlaat.
Sy hoor ’n gepiep-piep. Dis Lady, met ses donsige kuikens wat haar volg!
“Kiep-kiep-kieep,” sê Ouma.
“Slim Lady, jy’t gaan wegkruip om jou eiers uit te broei!”
Nou het Jasmien selfs nog meer gunstelinge.
- Nal’ibali (isiXhosa vir “hier is die storie”) is ’n nasionale lees-vir-genot-veldtog wat poog om ’n leeskultuur by kinders van geboorte tot 12 jaar, oor Suid-Afrika heen, aan te wakker en vas te lê deur die kweek van aanloklike lees-inhoud in alle Suid-Afrikaanse tale.
- Idees om oor te gesels:
Lady was spesiaal vir Jasmien. Wat of wie is vir jou spesiaal?
- Visueel:
– skoorstene
- Lees:
Doen ’n woordsoektog! Soek elkeen van hierdie woorde in die storie en vind dan wat elkeen van hulle beskryf: slim, krul, donsige, honger, lang, gespikkelde.
- Skryf:
Teken ’n prentjie van Lady en haar ses kuikens. Gee elke kuiken ’n naam. Skryf elke naam onder elke kuiken se prentjie of vra iemand om dit vir jou te skryf.
- Handwerk:
Teken ’n eiervorm op ’n wit karton of papier en knip dit dan uit. (Vra ’n grootmens om jou te help indien nodig.) Versier jou eier deur verskillende patrone daarop te teken of dit te verf.
- Speel toneel:




