Macassar Sekondêre Skool hou Saterdag 11 Maart ’n sportdag in die vorm van ’n sewesrugby-toernooi.
Spanne van agt hoërskole sal aan die toernooi deelneem. Wedstryde begin om 08:30 by Macassar Sekondêr se sportvelde. Daar sal ook ’n netbal-toernooi wees.
Ingang is R2 per persoon en R10 per motor.
Die Cape Whalers Band sal ook die skare vermaak en daar sal kos en koeldrank te koop wees. ’n televisie sal ook beskikbaar wees vir die wat nie die Super Rugby-wedstryde wil misloop nie.



