Sports Against Crime South Africa (Sacsa) het die afgelope Saterdag (2 September) hope pret in die vorm van ’n opvoedkundige kleuterskool-sportdag by St. John’s Pre-primary Educare in Strand gehad. Die Sacsa-president Vincent Daniels het sy dankbaarheid teenoor die kleuterskoolhoof, Eileen Deez, en haar passievolle personeel asook Secure Rite-sekuriteit, wat koeldranke en eetgoed geborg en hul veiligheidsdienste op die dag aangebied het, betuig. Daniels het ook ’n spesiale dankie uitgespreek aan Coca-Cola Peninsula Beverages, Kelfords Somerset-Wes en ’n plaaslike verskaffer van gebottelde water, wat die geleentheid ondersteun het.Foto’s: Jamey Gordon


Blitsie Tashia Daniels op pad wenpaal toe in ’n wedloop.

Liam Plaatjies (links) en Lara-Reign Petersen het die manewales tydens ’n wedloop met hoepels geniet.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article