Marias Pelser beklee van Donderdag 1 April af die pos van adjunkhoof vir sport, geboue en terrein by die Hoërskool Strand. Dié nuwe Arend het jare lange ondervinding in die onderwys. Hy het sy onderwysloopbaan in 1998 aan die Hoërskool President begin en in 2002 na Mosselbaai verhuis, waar hy aan die Hoërskool Punt tot departementshoof gevorder het en in beheer van ingenieursgrafika en ontwerp (IGO), sport, geboue en terrein was. Hy het met passie IGO, tegnologie en siviele tegnologie by dié Suid-Kaapse skool aangebied en ook in die ­­departe-ment se skolespan vir kurrikulumontwikkeling vir siviele tegnologie gedien. Op sportgebied rig hy die afgelope 15 jaar Hoërskool Punt se o.19A-rugbyspan af, asook die SWD-akademie en SWD-sewesspan in 2018. Hy dien ook in die SWD-skolerugbybestuur, en tree die laaste sewe jaar as SWD-rugbykeurder op.


Sport, geboue sy kos

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article