Die Helderberg-rugbyklub het die afgelope sewe weke uiters suksesvolle voorseisoense rugby-oefensessies in die Charles Morkel-stadion afgehandel.
Die sessies is gelei deur die hoofafrigter, Phil Pretorius, bygestaan deur Sidney Raaths, Tayo Roodman, Hannes Louw, Ullrich Barnard en Helgaard Steenkamp.
Die eerste oefeninge in die nuwe jaar is vir Maandag (13 Januarie) beplan en daarna elke Dinsdag, Donderdag en Maandag.
Die eerste geskeduleerde vriendskaplike wedstryde is in die Charles Morkel-stadion teen Safcol United op Saterdag 15 Februarie.
Dit word gevolg deur wedstryde teen Valsbaai, Villager, Van der Stel-Evergreens en Unimil, voordat die liga later – in April – begin.



