Joernaliste van DistriksPos & Helderberg Gazette hetverledeWoensdag (17 April) by Edhen Vaardigheidskool in Somerset-Wes ingeloer en ’n praatjie oor wat joernalistiek behels gelewer. Die 15 leerders by die skool het elkeen ’n vraag voorberei vir die koerant se Rick Marais en Jamey Gordon om meer uit te vind oor wat dit is om ’n joernalis te wees en die beroep alles behels. Sunett Pieterse, die stigter en ’n klasonderwyser by die skool, vertel dat die leerders ná die besoek nog deur hul koerante gelees het. Edhen Vaardigheidskool het nie grade soos ander skole nie, maar maak gebruik van die aangepaste Caps-kurrikulum (DCAPS). Op die foto is die leerders – almal tussen 12 en 15 jaar oud – saam met Pieterse (regs agter). Langs haar staan Rick Marais en in die tweede ry onder staan Maggie de Gouveia (die klas-assistent).Foto: Jamey Gordon


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article