Leerders aan die Rusthof Oslo-skool in Strand het vir boomplantingdag hul hande vuilgemaak en spekbome op die skoolterrein geplant. Ronell Fourie, ’n onderwyser by dié skool, het die personeel en leerders bewus gemaak van die voordeel van spekbome en self spekboomsteggies aan die skool geskenk. Omar Sameuls (voorman), Wayne Hartzenberg (busbe­stuurder) en Michael Booysen (busbestuurder) het gate vir die boompies gemaak en al die leerders het ywerig aan die boomplantdag deelgeneem. Elke klas het die geleentheid gehad om ’n boom te plant en hul stempel af te druk op die terrein waar hulle ook elke dag groei, ontwikkel en blom.


Spekbome vir skool

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article