Die Stad Kaapstad se departement van ontspanning en parke het ’n groep ywerige jong stappers op ’n avontuur in die Helderberg-natuurreservaat geneem. Altesaam 60 jongmense van Kuilsrivier en Kalkfontein het die oggend in die natuur deurgebring, meer oor die buitelewe geleer en die staptog uiters geniet. “Om buite in die natuur te wees, gee ons jongmense die geleentheid om weg te wees van hul onmiddellike omstandighede en help hulle om ’n gesonde omgewing te ervaar. Ons pragtige reservate is perfek om in die buitelug te wees en laat kinders toe om meer onafhanklik te wees, wat hul selfvertroue en agting ’n hupstoot gee,” het die Stad se burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdiens en gesondheid, die raadslid Patricia van der Ross, gesê. Die departement se Buitelugavontuurprogram is gerig op jeugdiges tussen die ouderdomme van 13-35, veral met die fokus op hoërskoolleerders en buiteskoolse jeug, met die doel om buitelug-ontspanningsgeleenthede aan te bied, wat nie geredelik by die ontspanningsentrum beskikbaar is nie. Die buitelugstap- of natuurwandelervaring is dikwels hul eerste blootstelling aan hierdie soort aktiwiteite. Die program se doelwitte sluit in die bevordering van ’n ontspanningsaktiewe leefstyl, en die verskaffing van


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article