Die o.13A-krieketspan van Laerskool De Hoop is die kampioen van die Hermanus ses-aan-’n-kant-toernooi. Dié span het met spanne van Laerskool Panorama en Laerskool Overberg asook die B-span van Laerskool Hermanus afgereken om in die eindstryd kragte te meet teen Laerskool Hermanus se A-span. Dit was ’n taai stryd en die manne van Somerset-Wes het 22 lopies van die laaste boulbeurt benodig. Die wenners is met die laaste bal beslis ná Kalu Ueckermann ’n ses geslaan het om sy span na oorwinning te neem. Die wenspan met hul pryse is Lee Joseph (afrigter), Niel van der Walt, Nicholas Stuurman, Liam Basson, Josua Smit, Kalu Ueckermann, Stefan Sharp (afrigter) en die kaptein Ruwald Horn (voor). Foto:


Span slaan ses vir ’n sege!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article