’n Rekordgetal spanne van Hoërskool Strand het Saterdag (25 Januarie) aan ’n toutrekkompetisie in Kraaifontein deelgeneem. Altesaam 14 spanne van die Arende het die Helderberg by die grootste toutrekbyeen­koms van die jaar verteen­woordig. Daar het 160 span­ne aan die kompetisie deel­geneem. Die skool se meisie­spanne het twee derde plek­ke behaal, die seunspanne ’n tweede en ’n derde plek en die gemengde 520 kg-span het algeheel eerste geëindig. Hier is die 440 kg-meisies ná hul derde plek behaal het.


Span krag in

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article