Macuelene du Preez, ’n matrikulant van Strand, het tydens haar matriekafskeid, wat Donderdag 21 November plaasgevind het, pragtig gelyk in ’n elegante swart aandrok. Dié gr. 12-leerder aan die Axios Vaardigheidskool in Eersterivier het voor die spoggeleentheid, wat in die skoolsaal in Ou Faure-weg gehou is, met haar luukse motorvoertuig by ’n uitkykpunt in Gordonsbaai gestop vir ’n kosbare foto-oomblik.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article