Die Gloria Botha Skool vir kinders met intellektuele gestremdhede hou Saterdag 4 Junie ’n oggendtee by die Helderberg-gemeente te Firmountstraat 82, Somerset-Wes om 09:30.

Daar sal ’n kosdemonstrasie aangebied word deur die bekende TV-sjef Sonia Cabano van die TV-reeks Van Pampoen tot Perlemoen. Kaartjies beloop R100 en is by die skool beskikbaar; verversings sal na afloop van die programme bedien word.

Vir nadere inligting, skakel Isabel Fourie by 021 801 2184 of 072 313 3339.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article