ACVV Huis Jan Swart hou Woensdag 25 Februarie ’n potjiekoskompetisie van 12:00 tot 17:00.

Porsies kos R50 en dit sluit in rys, potjiekos en ’n sny tuisgebakte brood.

’n Groot verskeidenheid watertand-potjies word op die dag gemaak.

Daar sal Hawaïïese (soetsuur vark), seekos, skaappot, waterblommetjies (twee potte), skaapskenkels (twee potte), bees Bourguignon, skaap kerriepot, kerriehoender, skenkel- groentepotjie, lamspotjie, lamsnekpot, bees- en groenboontjies en ’n pastapotjie beskikbaar wees. Plaas nou jou bestelling, anders is dit dalk te laat.

Bestellings kan nou geplaas word by Anderesa of Henriette by 021 854 3763.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article