’n Bekende kunstenaar en beeldhouer van Somerset-Wes wie laasjaar ’n nuwe hoogte bereik het toe sy werke in België uitgestal is, bou die jaar voort op verlede jaar se prestasie.
Lionel Smit, wat die Lionel Smit-ateljee in Paardevlei besit se werk is verlede jaar vir die eerste keer uitgestal by die bekende KUBE-galery in Genk in België. By die uitstalling het Smit gespog met 11 skilderye en agt beelde wat deel was van ’n solo-uitstalling getiteld Pendulum by die KUBE-galery (“Smit se kuns nou in België,” DistriksPos & Helderberg Gazette, Woensdag 29 Junie 2022).
Die afgelope week het Smit aangekondig dat sy nuwe uitstalling genaamd Veil te sien gaan wees by die KUBE-galery wat tans bekendstaan as die Uitstalling Kontemporêre Kuns Galery vanaf 2 Julie tot 1 Oktober.
Brons-beeldhouwerke en olieskilderye vorm deel van die uitstalling onder die konsep van “veiling” soos om die sluier van iets af te haal.
Veil stel ten toon Smit se kombinasie van klassieke kuns tegnieke en die ondersoek in die weggesteekte aspekte van die mens se bestaan.
Smit se versameling olieskilderye vir die uitstalling is geverf in ’n klassieke manier waar lap gedrapeer is oor die persone wat geskilder word. Die fabriek funksioneer as deel van Smit se “veiled” konsep waar ’n ontsienbare wêreld bestaan maar net buite die bereik van ons fisiese sintuie.
Smit bevestig ook dat die uitstalling volg in die spore van sy vroegste kunssinnige wortels wat diep gedelf is in inspirasies deur Leonardo da Vinci en Rembrandt.
Smit gebruik nes die meesters die tegniek bekend as “chiaroscuro” om diepte in te voeg in sy skilderye in met die gebruik van lig en skadu wat by dra tot die drama en emosies van die Renaissance-era.
Smit se beeldhouwerk is in die uitstalling weer van hoogstaande gehalte en die brons-beelde in die Veil-uitstalling het elkeen ’n storie om te vertel. Volgens Smit inkorporeer elkeen van die beelde die menslike vorm terwyl die metaal in die beelde die beweging en emosies van die beelde uitdruk.
Smit kry dit weereens reg in die uitstalling om soomloos te skuif tussen verskeie mediums van skilder na beeldhouwerk en al sy werke dra ’n boodskap.



