Die o.18A-seunshokkiespan van Hoërskool Strand het die 2019-seisoen op ’n hoë noot afgesluit deur verlede Vrydag (9 Augustus) ’n wedstryd teen die Strand Old Boys te speel. Die Old Boys-span het spelers ingesluit wat 19 tot 30 jaar en ouer was, maar dit was duidelik dat die “ou manne” nog baie lewe in hul hokkielywe het. Hulle het opwindende spel verseker en die skoolseuns, wat agt gr.12-leerders ingesluit het, omtrent laat bontstaan. Die o.18A-span het uiteindelik 2-1 geseëvier en die Hoërskool Strand-spankreet het ná die wedstryd oor die veld weergalm.


Skoolseuns troef ou manne

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article