Die Hoërskool Strand pronk met dansers van wêreldformaat! Die skool is baie bevoorreg om ses dansers, wat van Maandag 20 tot Sondag 26 Mei aan ’n internasionale dansgeleentheid in Kroasië gaan deelneem, as Arende te hê. Hulle is ook lid van die Suid-Afrikaanse span wat aan die Dance Star World Dance Masters-geleentheid gaan deelneem. Dit is ’n uiters gesogte geleentheid, waar meer as 4 000 dansers van 28 lande van oor die wêreld heen hul dansvernuf ten toon sal stel. Die dansers, wat hierdie eer te beurt geval het, is Christo Thiart (graad 12), Mieke Carr en Linke Thiart (albei graad 9), asook Rochell Alberts, Olivia Kotze en Isabella Meyer (almal graad 8). Hierdie dansers sal hul passies in onderskeidelik solo’s, duette en dansgroepe ten toon stel. Die Hoërskool Strand is baie trots op hierdie dansers en wens hulle ’n onvergeetlike tyd toe. Bo (van links) is Rochell Alberts, Isabella Meyer, Linke Thiart, Christo Thiart, Mieke Carr en Olivia Kotzé.


Die Hoërskool Strand is baie trots op van sy hokkiespelers wat in verskeie Boland-spanne opgeneem is. Hulle neem gedurende die Junie-vakansie aan verskeie toernooie deel. Ethan Leonard en Lloyd Patterson is onderskeidelik in die Boland-seuns-o.18A- en -o.16A-spanne opgeneem. Anschen Meyer en Caitlin Meyer is in die meisies-o.14B- en -o.14C-spanne opgeneem. Die ander spelers is almal lid van die Boland-distrikspanne: Deneuscha Frieslaar (meisies-o.18), Gabriella Julius (meisies-o.16), Saige Barry (seuns-o.16) en Matthew Goodman en Wesley Moodie in die seuns-o.14-span. Die skool se beste wense vergesel hulle vir hul onderskeie toernooie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article