Tuisonderrigleerders van twee tuisonderrig-skole in die Helderberg het op Vrydag 1 Maart by hul gesamentlike atletiek-dag op die Gordonsbaai-sportterrein kragte gemeet. Easy2learnkids van Gordonsbaai het die leerders van Triton Learning Centre in Somerset-Wes in die 100-, 800- en 1 200-meter-wedlope asook ’n aflos-wedren en ’n tou-trek-item aangedurf. Volgens Renske Surmon van Easy2learnkids het die leerders van 08:00 tot 14:00 deelgeneem en in die toekoms wil hulle weer so ’n dag hou, maar dan wil hulle ander tuisonderrig-skole uitnooi om ook hul leerders te stuur. Foto: Verskaf


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article