Kerwin Swart, ’n gr. 3-leerder wat in Desember verlede jaar van ’n beweerde ontvoering ontsnap het, is op Maandag 3 Februarie vir sy dapperheid deur die Strand se Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) vereer. Hy het ’n sertifikaat en ’n medalje op ’n skoolvergadering by Dr. G.J. Joubert Primêre Skool ontvang, wat deur die voorsitter van die GPF, Niklaas Thysen, oorhandig is. Kerwin is op Saterdag 3 Desember na bewering deur vier mans in die Strand ontvoer, maar het daarin geslaag om in Gordonsbaai te ontsnap (“Ma vertel hoe mans haar seun gryp”, DistrikPos & Helderberg Gazette, 11 Desember 2024). Thysen het gesê hy het nog nooit in sy jare van gemeenskapsveiligheid só ’n heldhaftige daad gesien nie. Raymondé Swart, die seun se ma, sê sy is steeds angstig oor die voorval, maar is verheug dat haar seuntjie se ervaring vir ander kinders as bewys kan dien dat hulle wel hulself kan beskerm. Kerwin is onkant betrap deur die oorhandiging, maar sê dit was lekker vir hom om die sertifikaat en medalje te ontvang. “Ek is baie trots op myself!” het hy gedeel. Evolino Adams, past. Danfred Kleinschmidt, Mervin en Raymondé Swart, Kerwin, Niklaas Thysen, Lillian Albertyn en Tauhira Fanie. Foto’s: Barend J. Williams


Die GPF-ondervoorsitter, Lillian Albertyn, hang die medalje om Kerwin Swart se nek by die toekenningsgeleentheid.Foto:

Dr. G. J. Joubert se skoolhoof, Tauhira Fanie, het ook aan Kerwin Swart die “Joubie van die week” skoolbalkie oorhandig vir sy dapperheid, wat hy vir die res van die week gaan dra.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article