Lede van die Helderberg Senior Klub kom om 09:00 vir 09:30 Dinsdag 1 Februarie by die tent by Helderberg NG kerk in Firmountweg byeen.

Prof. Izak Rust is die gasspreker en bied ’n praatjie getiteld “Planeet aarde se dinge – ’n informele gesprek oor die wese van die planeet, met spesiale klem op sake wat die globale klimaat beïnvloed” aan. Almal is welkom en die klub nooi nuwelinge om aan te sluit.

Bel Apolonia Maritz by 021 853 7560 of 082 507 7091 vir nog inligting.. Mense ouer as 60 jaar word genooi om elke Saterdag ’n bring-en-braai en dans te kom geniet.

Skakel 084 989 6712 vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article