Die NG Helderberg gemeente en Immergroen-ouerskap bied Saterdag 21 Oktober ’n seminaar aan.
Die seminaar, getiteld Morph – van kleuterskool na “grootskool”, word by Laerskool De Hoop in Somerset-Wes aangebied.
Die praktiese oggend fokus op die metamorfose wat kinders wat van kleuterskool na “grootskool” ondergaan en bied ouers gereedskap om die reis aan te pak. Dit is oop vir voornemende gr. 1-ouers.
Die gasspreker is Drikie Atherstone, ’n konsultant by Immergroen-ouerskap. Die geleentheid vind van 09:00 tot 12:00 plaas.
Kostes beloop R250 per persoon, R400 per egpaar en R200 vir enkelouers. Registreer aanlyn by http://bit.ly/morph2017. Die sluitingsdatum is Maandag 16 Oktober. Vir navrae, bel Lizl Botha by 084 800 2764.


