Die NG Helderberg gemeente en Immergroen-ouerskap bied Saterdag 21 Oktober ’n seminaar aan.

Die seminaar, getiteld Morph – van kleuterskool na “grootskool”, word by Laerskool De Hoop in Somerset-Wes aangebied.

Die praktiese oggend fokus op die metamorfose wat kinders wat van kleuterskool na “grootskool” ondergaan en bied ouers gereed­skap om die reis aan te pak. Dit is oop vir voorne­mende gr. 1-ouers.

Die gasspreker is Drikie Atherstone, ’n konsultant by Immergroen-ouerskap. Die geleentheid vind van 09:00 tot 12:00 plaas.

Kostes beloop R250 per persoon, R400 per egpaar en R200 vir enkelouers. Registreer aanlyn by http://bit.ly/morph2017. Die sluitingsdatum is Maandag 16 Oktober. Vir navrae, bel Lizl Botha by 084 800 2764.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article