Die Laerskool De Hoop is trots op twee van sy leerders wat by twee swemgalas medaljes verower het. Danielle Cronjé (bo) het in die SANJ-kampioenskap in Stellenbosch aan nege items deelgeneem en vir ál nege eindrondes gekwalifiseer. Sy spog met sewe beste tye en het medaljes vir 50 m-vryslag (silwer), 200 m-rugslag (brons), 100 m-vlinderslag (brons) en 100 m-vryslag (brons) gewen. Daniel de Waal (onder) het aan die SSA Vlak 1-kampioenskap deelgeneem en medaljes vir 100 m-rugslag (silwer), 50 m-vryslag (goud), 100 m-borsslag (goud) en 100 m-vryslag (goud) verower.

Swemmers ryg medaljes in

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article