Leerders van die Rusthof Olso-skool het Woensdag 14 Augustus die Kunstekaap besoek om die verhoogstuk Vlooi te sien. Die leerders sowel as hul onderwysers het die interaktiewe opvoering terdeë geniet en die kinders se opgewondenheid was deurlopend op hul gesigte te sien. ’n Tolk het die kinders met gehoorgestremdhede gehelp en elke kind het ’n kospakkie ontvang. Die skool bedank die Kunstekaap-span en dr. Marlene le Roux, uitvoerende hoof, vir die uitnodiging.


Rusthof Olso-kinders deur Kunstekaap bederf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article