’n Rooi 1964 Massey Ferguson-trekker wat vir homself naam gemaak het, is eersdaags te sien by ’n plaaslike skool se kar-was-inisiatief. Corné Els, ’n inwoner van Gordonsbaai, het verlede jaar die onmoontlike verrig toe sy die land op haar getroue rooi trekker letterlik deurkruis het – van Krugersdorp in Gauteng tot in Klapmuts in die Wes-Kaap. Els het die rit voltooi en R100 000 ingesamel vir haar dogter, Marconette Els (16), ’n top-toutrekker van die Hoërskool Strand. Marconette het kort daarna aan die wêreldkampioenskap in Sursee in Switserland in die 500 kg o.23-afdeling sowel as die 540 kg vroue-afdeling deelgeneem. Dieselfde rooi trekker was die afgelope Saterdag (9 Maart) te sien by die Hoërskool Strand se kar-wassery waar geld vir die o.16-rugbyspan (waarvan haar seun, Marcé, lid is) ingesamel is vir hul rugbytoer op Woensdag 20 Maart na Mosselbaai. Op die foto staan Corné langs die rooi trekker, wat verlede Woensdag (6 Maart) by hul huis in Gordonsbaai afgelaai is nadat dit sedert verlede jaar se reis in Klapmuts agtergebly het. Foto: Rick Marais


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article