Bederf die voorste vrou (of vroue) in jou lewe met ’n heerlike soetding wat gepas is vir ’n koningin met hierdie Food Lovers Market-resep. Wat kan sê “Ek is lief vir jou” meer as ’n rooi fluweel plaatkoekiestapel bedruip in gesmelte sjokoladesous? Hierdie watertandresep is een om te bewaar. Rooi plaatkoekies wat donsig binne is, bedek met vars geklopte room, bessies en dekadente gesmelte sjokolade…nou praat ons.
Bestanddele:
Vir die rooi fluweel plaatkoekies:
• 250 ml (1 k) koekmeel
• 15 ml (1 e) kakaopoeier
• 15 ml (1 e) strooisuiker
• 10 ml (2 t) bakpoeier
• 2.5ml (½ t) koeksoda
• knippie sout
• 1 groot eier
• 180 ml (¾ k) karringmelk
• 15 ml (1 e) canola-olie
• 10 ml (2 t) vanielje-ekstrak
• 2.5 ml (½ t) rooi koskleursel
• botter vir kook
Vir die bolaag:
• 160 g donker sjokolade, grof gekap
• 80 ml (1/3 k) vars room
• 125 ml (½ koppie) room
• 15 ml (1 e) strooisuiker
• 5 ml (1 t) vanielje-ekstraK
• 6 – 8 aarbeie, stingel verwyder en gesny
Metode:
Vir die plaatkoekies: In ’n groot mengbak, kombineer al die droë bestanddele en sit eenkant. Klits dan in ’n aparte groot mengbak die nat bestanddele saam.Voeg die droë bestanddele by die nat bestanddele en klits goed tot glad.Verhit ’n kleefvrye pan oor medium hitte met ’n klein knopie botter. Giet 60 ml (¼ koppie) van die plaatkoekie-mengsel op die verhitte pan en bak tot klein borreltjies op die bokant gevorm het en dit goudbruin aan die onderkant is. Draai om en bak die ander kant tot goudbruin en gaar aan die binnekant, ongeveer 3 – 4 minute aan elke kant. Verwyder van die pan en herhaal met die res van die beslag.
Vir die bolaag: Plaas die sjokoladestukke in ’n medium grootte bak. Verhit die room in ’n klein kastrol oor medium hitte tot dit begin prut. Giet die room oor die sjokolade en laat dit vir 3 – 5 minute staan, sodat die sjokolade kan versag. Roer die mengsel tot goed gekombineer en die sjokolade heeltemal gesmelt is. Jy behoort ’n gladde sjokoladeroomversiersel (ganache) te hê.Klits die room, suiker en vanielje in ’n groot mengbak met ’n elektriese klitser tot dik.Om die uiteindelike plaatkoekie-stapel te skep, plaas ’n klontjie room op die onderste plaatkoekie gevolg deur 3 – 4 aarbeiskywe gevolg deur nog ’n plaatkoekie. Herhaal nog een keer totdat jy ’n stapel van drie plaatkoekies het.Laastens, bedruip die plaatkoekie-stapel met die sjokolade sjokoladeroomversiersel en geniet.
Bron: https://foodloversmarket.co.za/recipe/red-velvet-flapjacks/; resep vertaal.




