Hierdie feestyd vra vir ’n verfrissende somer-sangria!
Geniet die seisoen se steenvrugte met ’n tikkie vlierblom en jou gunsteling Suid-Afrikaanse vonkelwyn.
Bestanddele:
- 750 ml (3 koppies) van jou gunsteling rosé wyn
- 750 ml (3 koppies) van jou gunsteling vonkelwyn
- 750 ml (3 koppies) sodawater of limonade
- 250 ml (1 koppie) vlierblom-stroop
- 200 g aarbeie
- 6 appelkose, gehalveer
- 3 nektariens, gehalveer
- 3 perskes, gehalveer
- Kruisement, vir garnering
- Eetbare blomme, vir garnering
- Ys
Metode:
Meng al die bestanddele saam en voeg al die vrugte, kruisement en eetbare blomme by vir garnering. Bedien yskoud – natuurlik met baie ys!
Bron: foodloversmarket.co.za; resep vertaal.



