Wanneer jy deur Pniël en Raithby ry, is dit bykans onmoontlik om die vier groot internasionale kodevlae wat binne twee meter hoë rooi verkeerskegels geplaas is, sowel as wit houthuis-strukture in ’n kraal-formaat en groot rooi slotte, mis te kyk.
Hierdie installasies, wat vier weke gelede opgerig is, het die inwoners omtrent in rep en roer.
Donaldson verduidelik die landkuns in Pniël simboliseer die vier groot internasionale kodevlae – “nee”, “ek verander my rigting”, “hou op om jou bedoelinge deur te voer” en “jy moet stop”. Die rooi verkeerskegels simboliseer uiteraard gevaar.
Die kraal jukstaposeerplaas dus die geslotenheid van die historiese Raithby-gemeenskap en die aanliggende veiligheids-ontwikkelings wat daar plaasvind, langs mekaar. Die installasie is op die terrein van die kerk in Raithby – die simboliese hartklop van beide dié dorpies – opgerig.
Vyf prominente historiese klein nedersettings is binne Stellenbosch se munisipale gebied geleë: Jamestown, Pniël, Kylemore, Raithby en Johannesdal.
“Jamestown is reeds in ’n gevorderde fase wat oor die afgelope twee dekades die ontwikkeling van ’n gedesentraliseerde winkelsentrum, aftree-woonbuurt en nog ’n omheinde ontwikkeling gesien het.”
Na afloop van die oprig van die vlae in Pniël was inwoners verward oor die betekenis daarvan. Lilburne Cyster van die Pniël Community Development Forum en die res van die uitvoerende komitee het Donaldson gevra om aan inwoners te kom verduidelik wat die projek behels.
’n Voorstel is geopper dat die gemeenskappe van Pniël, Raithby, Kylemore en Jamestown kollektief proaktief saam moet optree en ook by die Bo-Kaap gaan leer uit die suksesse wat daar bereik is. Die gemeenskaplike stem op die vergadering was duidelik – hulle is nie bereid om te wag vir die navorsingsverslag om in 2023 afgehandel te word nie; hulle wil proaktief wees en aksie neem.
As deel van die doelwitte van die projek werk die medeprojek-spanlede dr. Manfred Spocter (US) en dr. Delia AhGoo (NWU) saam met Donaldson aan die skryf van ’n voorstel vir ’n stel beleidsriglyne wat aan die munisipaliteit voorgelê sal word oor hoe die munisipaliteit moontlik gemeenskappe van gentrifiseer-ryp woonbuurte deur middel van verordeninge kan bevoordeel en beskerm.
Geen munisipaliteit in Suid-Afrika het tans beleidsriglyne oor hoe om gentrifikasie sensitief te bestuur nie, en dit is hul wens en doelwit dat hul voorstelle ernstig deur die munisipaliteitopgeneem sal word.




