Die Hoërskool Parel Vallei se prefekte vir 2024-’25 is onlangs aangewys. “Baie geluk aan elkeen van hierdie Parel Valleiers wat hulself beskikbaar gestel het om verkies te word en suksesvol was. Ons weet dat julle die skool met wysheid en baie Blue Thread-passie sal lei,” het die skool in ’n persverklaring gesê. “Ons wens julle alle sukses toe vir die nuwe pad wat voorlê – mag julle die skool en ons gemeenskap met waardigheid en ’n opregte hart in elkeen van die onderskeie portefeuljes waaruit die prefekraad bestaan, dien.” Dié portefeuljes is: sport, kultuur, media, PV-huise (Nassau, Stella, Aberdeen) en die Verteenwoordigende raad van leerders (VRL). “Besondere gelukwensing gaan ook aan ons twee hoofleiers, Anneh Mitrovich en Noah Enyang.” Agter (van links) is: Carla Moses (silwer – VRL), Ena Mari Ozrovech (silwer – Huis Aberdeen), Jenna de Beer (silwer – media), Eva Blaauw (silwer – sport), Anya Theron (goud – klubs), Leah Krynauw (silwer – media) en Chaeyoon Lee (goud – akademie). Derde ry: Lukah du Toit (silwer – VRL), Francois Retief (silwer – kultuur), Ross Stone (silwer – tradisie), Liam de Villiers (hoof van huise), JP van der Walt (goud – sport) en Star Tshilumbu (goud – VRL). Tweede ry: Anmari Grobler (silwer – tradisie


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article