Die jubelende Maanmaats-span van die Hoërskool Parel Vallei vier die toekenning vir beste produksie, wat dié toneelstuk in die eindstryd van die 2022-ATKV-Tienertoneel-kompetisie ontvang het.Foto: Nardus Engelbrecht


Die Hoërskool Parel Vallei se produksie, Maanmaats, is Saterdag 8 Oktober tydens die prysuitdeling­seremonie van vanjaar se ATKV-Tienertoneel by die Kunstekaapteater as die beste produksie aangewys.

PV het in 2021, onder die leiding van die skool se kultuurhoof, Darryl Spijkers, as dramaturg en regisseur ook hierdie gesogte kompetisie gewen en twee produksies in die top-agt-finaliste gehad.

Die beste van die bestes is na die nasionale eindstryd genooi en PV se Maanmaats en Die Susterskap het die top-vyf uit 172 produksies gehaal uit meer as 3 000 tieners wat hulle vanjaar vir die kompetisie ingeskryf het.

Die beoordelaars was Jacques Bessenger, Mari Molefe van Heerden, Pietie Beyers, Wilhelm van der Walt, Zenobia Kloppers en Marijda Kamper.

PV se indrukwekkende lys benoemings vir die eindstryd was:
. Beste verhoogbestuurder: Christine Cockett vir Maanmaats;. Beste verhoogbestuurder: Maya van Eyssen vir Die Susterskap;. Beste klankoperateur: Shannon Roelf vir Maanmaats;. Beste beligtingsoperateur: Pieter-Ivan Mitrovich vir Die Susterskap; . Beste hantering van tegniese aspekte: Die Susterskap;. Beste aktrise in ’n ondersteunende rol: Zané Habig as Esther in Die Susterskap;. Beste akteur in ’n ondersteunende rol: Aden Gardiner as Aden in Maanmaats;. Beste aktrise in ’n hoofrol: Talia Roux as Nadia in Die Susterskap;. Beste akteur in ’n hoofrol: Paul Strydom as Paul in Maanmaats;. Beste ensemblewerk: Die Susterskap;. Beste ensemblewerk: Maanmaats;. Beste regisseur: Darryl Spijkers vir Die Susterskap;. Beste regisseur: Darryl Spijkers vir Maanmaats;. Top-vyf-produksie: Die Susterskap;. Topvyf-produksie: Maanmaats;

PV se twee wenproduksies het altesaam ses pryse losgeslaan:
. Beste verhoogbestuurder – Christine Cockett vir Maanmaats;. Beste akteur in ’n hoofrol – Paul Strydom as Paul in Maanmaats;. Beste ensemble – Maanmaats;. Beste regisseur – Darryl Spijkers vir Die Susterskap;. Beste media- en bemarkingsportefeulje vir uitnemende en volgehoue bemarking van die produksies Maanmaats;Die Susterskap; 5678 en (kant)lynstaan; en. Beste produksie 2022 – Maanmaats.

Maanmaats het, onder meer, ’n speelvak by die US Toyota Woordfees gewen en het Maandag 10 en Dinsdag 11 Oktober ’n buiging op dié feesverhoog gemaak.

Die produksie sal ook by aanstaande jaar se Suidoosterfees te sien wees.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article