Parel Vallei se adjunkhoof (akademie), Nolene Duvenage, by Kayla van Rensburg, Michelle Cousins, Dean João en Kai Moolman. Duvenage en haar span sien daagliks om na die bevordering en uitbou van Parel Vallei se hoë akademiese standaard.Foto:


Parel Vallei het weer eens sy akademiese rekord gestand gedoen deur die lys van die Universiteit Stellenbosch (US) se top-20-voedingskole te haal.

Parel Vallei is vierde op dié lys.

Die ranglys is gegrond op registrasies vir toelating tot US se voorgraadse programme.

PV is die enigste skool wat seuns en meisies in Afrikaans en Engels onderrig en word jaar ná jaar vereer vir die aantal leerders wat toelating kry en vir oud-PV-leerders wat hul kursusse voltooi.

Die ranglysposisie van skole van die eerste tot die vyfde plek is Paul Roos Gimnasium, Hoërskool D.F. Malan, Hoër Meisieskool Bloemhof, Hoërskool Parel Vallei en Paarl Gimnasium.

PV is trots en sal bly streef na ’n gebalanseerde gees-, siel- en liggaams-benadering tot onderwys wat in 33 jaar soveel uitsonderlike resultate gelewer het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article