Die Hoërskool Parel Vallei het onlangs twee nuwe topnetbalafrigters aangestel. Charlotte Schoeman (regs) het onlangs van Pretoria verhuis waar sy skoolgehou en netbal afgerig het by die Afrikaanse Hoër Meisieskool. Met haar kennis van lewensoriëntering, aardrykskunde, skeppende kunste en netbal is sy ’n groot aanwins vir PV. Saam met die tweede aanstelling, Shanaaz Macauley (middel), ’n SA A-gegradeerde netbalskeidsregter, is hulle gereed om PV-netbal net te laat groei onder leiding van PV-netbalhoof, Alida Duvenhage (links), ook ’n SA A-gegradeerde netbalskeidsregter.


PV slaag in doel met netbal

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article