Dié twee gr.8-leerders aan Hoërskool Parel Vallei klim met selfvertroue op enige verhoog. Of dit nou ’n letterlike of digitale verhoog is, hulle daag op en maak gebruik van die groeigeleentheid. Hugo en Nina Strydom het aan die JouGROOTtalent-kompetisie deelgeneem en uitsonderlik goed gevaar. Dié kompetisie word aangebied deur Die GROOT Ontbyt (kykNET kanaal 144) en GROOTfm90.5 wat vir laer- en hoërskoolleerders die geleentheid bied om, deur middel van ’n kuber-kunstefees, steeds nasionaal in verskeie kunste-afdelings, soos poësie, prosa, redenaars, sang en selfs ook instrumenteel, mee te ding. Nina is aangewys as die algehele wenner van die Prosa-afdeling vir hoërskoolleerders en sy het ook ’n A+++ (96%) in haar sang-item behaal. Hugo het ook beïndruk met die 94% wat hy vir Afrikaans-poësie behaal het.


PV se kuber-kunstewenners skitter

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article