Liana Kriel, ’n onderwyser van Hoërskool Parel Vallei, het die afgelope naweek haar netbal Suid-Afrika (NSA) C+ -skeidsregtergradering ontvang. Om te kwalifiseer, het sy uitdagende fiksheidstoetse en praktiese skeidsregtersessies geslaag, wat beoordeel is deur ’n bekwame NSA-paneel. Sy was die enigste deelnemer in haar groep wat dié nuwe netbalskeidsregter-toekenning ontvang het. Kriel het in 2018 by PV-onderwysspan aangesluit en is ’n groot aanwins vir die skool. Sy gee wiskunde en wiskundige geletterdheid by die skool en moedig die netbalspelers aan om hul beste potensiaal te bereik.


PV se eie netbalster!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article