Dit wil gedoen wees.
Die 2020-matriekklas van Hoërskool Parel Vallei spog nie net met goeie uitslae nie, maar ontvang ook bykomende Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-toekennings.
Tydens die NSS-toekennings van die Wes-Kaapse onderwysdepartement het PV ’n eerbewys vir uitnemende akademiese prestasie as een van die provinsie se top-20-skole (nommer 19) ontvang. Danielle Kleyn, PV se dux-leerder van 2020, is ook as een van die top-20-leerders in die Wes-Kaap benoem.
PV word ook by die Skoleondersteuningsentrum (SOS) se jaarlikse merietetoekennings in Centurion as ’n nasionale topskool vereer vir dié prestasies: . Uitsonderlike prestasie in die aantal onderskeidings per kandidaat: 2,15;. Aantal onderskeidings van PV se 2020-matriekgroep: 495;. 11de plek: Top-20-Afrikaanse skole wat die meeste onderskeidings landwyd behaal het;. 18de plek: Top-20-skole wat die meeste onderskeidings landwyd behaal het.. Ingenieursgrafika en -ontwerp: 52,9% van die klasgroep behaal ’n onderskeiding;. Agtste plek: Afrikaans huistaal (onderskeidings per kandidaat). 30,1% van die klasgroep behaal ’n onderskeiding;. 14de plek: meeste wiskunde-onderskeidings; en. 16de plek: meeste lewenswetenskappe-onderskeidings.



